News/Nuus

Dienstoekennings

Dutoit Agri is nie net een van Suid Afrika se vooruitstrewende leiers in die vrugteen groentebedryf nie, hulle is ook uiters passievol en toegewyd tot die opheffing, ontwikkeling en opleiding van hul mense. Op 16 Augustus is 76 produksiewerknemers vereer vir onderskeidelik 10, 20, 30 en 40 jaar diens en bydrae tot die bou van Dutoit Agri. Dutoit Agri glo in die persoonlike ontwikkeling van hul mense en is trots op elke mylpaal wat hulle bereik. Dutoit Agri se werknemers ondersteun die kern van hul besigheid en deur saam te staan, saam te groei en saam te werk, kan hulle die groei en ontwikkeling van elke werknemer verseker.

Die Direksie en Personeel wens hierdie kollegas hartlik geluk en is dankbaar vir baie jare se toewyding.