News/Nuus

Vrouedag

Dutoit Agri het op 8 Augustus elke vrou bedank vir hul onophoudelike toewyding en bydrae tot die sukses van die besigheid ter viering van vrouday!

Selfvervulling in vrouwees is nie iets wat net in onrealistiese Hollywood-rolprente gebeur nie. Dit is ʼn realiteit vir elke vrou vandag wat haar roeping nastreef. Die vrou speel 'n kardinale rol, nie net in haar werksomgewing nie, maar ook by die huis en in die gemeenskap.

Laat ons elkeen opstaan en met fermheid aan die wêreld verkondig dat vroue 'n noodsaaklike bydrae lewer in die ekonomie en dat hulle waardig is om met respek behandel te word. Bowenal, laat ons die wêreld van geweld en haat stukkie vir stukkie met ons liefde verander.

Dit was vir elke vrou ‘n erkenning dat ons gelyke vennote in die Dutoit-span is en dat ons passie raakgesien word.

Baie dankie aan die manne vir julle moeite, dit word waardeer!