Ons benodig die dienste van ‘n Geregistreerde Verpleegkundige om verpleegkundige dienste aan ons pakstore in Ceres en PA Hamlet te bied.
Die suksesvolle kandidaat beskik oor:
- ‘n kwalifikasie in Beroepsgesondheid
- ondervinding in primêre gesondheidsorg
- ‘n dispenseringslisensie
- kennis van die klinieksisteem in Suid-Afrika
- kennis van die area se gesondheidsprobleme
- goeie interpersoonlike vaardighede
- die vermoë om onafhanklik kan werk,
- en moet gewillig wees om by gemeenskapsontwikkelingsprojekte betrokke te raak.
Die ideale kandidaat beskik verder oor die vermoë om op eie inisiatief en onafhanklik te funksioneer en kan dissipline ferm toepas.
Benewens aangename werkomstandighede bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket.
Stuur asseblief ‘n volledige CV met bewyse van kwalifikasies asook registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging.