Careers

Working at dutoit

Dutoit Agri prides itself on its status as a preferred employer in South Africa. We are a well-established, well-known and dynamic company that has shown continuous growth over the years. We offer our employees a safe and secure working environment and job security, with various opportunities to grow in their personal capacity.

DUTOIT AGRI: OOS-KAAP: LANGKLOOF

STREEKS MENSLIKE HULPBRONBEAMPTE Nuwe opwindende posisie

‘n Opwindende nuwe posisie is vakant vir ‘n Menslike Hulpbron beampte in Joubertina in die Oos-Kaap. Indien jy oor die nodige vereistes beskik en balans in die lewe as belangrik ag is hierdie die ideale geleentheid om voor aansoek te doen.

Hierdie posisie is verantwoordelik vir die administrasie en koördinering van arbeidsaangeleenthede binne die afdeling van die maatskappy. Dit sluit onder andere die volgende in: * Hulp met mannekrag beplanning, werwing en keurings prosedures *Vergoeding (Insluitend opnames, mark vergelykings, posgraderings) * Arbeidsverhoudinge * Administrasie van sekere menslike hulpbron- en departementele take (soos byvoorbeeld, Sektorale Vrystellings, bepalings van opleidingsbehoeftes, ens.). * Instandhouding van Statuêre Bepalings met betrekking tot arbeidswetgewing * Hantering van unie verwante aangeleenthede * Ondersteuning aan werkers met persoonlike aangeleenthede *Sosiale maatskaplike funksie.

Die posisie rapporteer direk aan die Hoofbestuurder: Oos-Kaap. Daar sal ondersteuning wees vir die funksie vanaf die Menslike Hulpbron afdeling by Hoofkantoor

Beskik oor: * toepaslike tersiêre kwalifikasie, *bestuurslisensie, * kennis van arbeidswetgewing, * bogemiddelde rekenaar- en administratiewe vaardighede * bogemiddelde bestuursvaardighede * sterk leierseienskappe, * goeie interpersoonlike vaardighede * streng dissipline en sensitiwiteit vir mense. Siza, beroepsveiligheid en voedselveiligheid ervaring sal die aansoek versterk.

Dutoit Agri bied ‘n hoogs mededingende totale vergoedingspakket aan vir die suksesvolle kandidaat ingesluit van byvoordele soos medies en aftreefonds. Loopbaan ontwikkeling en groei geleenthede bestaan ook vir hierdie posisie.

Persone wat belangstel in hierdie posisie en wat graag by die Dutoit Agri wil aansluit kan hulle Curriculum Vitae met die nodige dekbrief stuur aan recruitment@dutoit.com voor Vrydag 7 April 2023. Spesifiseer asseblief in u aansoek Menslike Hulpbron beampte posisie.

VERPAKKINGSBESTUURDER (KOUKAMMA)

DUTOIT AGRI verlang die dienste van ‘n ervare persoon om verantwoordelikheid te aanvaar vir die bestuur van die Koukamma pakhuis geleë net buite Joubertinia.

Die posbekleër sal aan die Produk bestuurder in die Oos-Kaap rapporteer en is deel van die middel bestuur span van Dutoit Agri.     Die doel van die posisie is die bestuur van pak programme vir uitsoek kliënte wat insluit:

  • Ontvangs, verkoeling, sortering, verpakking en versending van vrugte
  • Optimale benutting van verpakkings toerusting
  • Bestuur van die personeel van die pakstoor
  • Bestuur van gehalte- en veiligheidstandaarde

Die ideale kandidaat beskik oor:

  • Ten minste vyf jaar verpakkings- en verkoelings ondervinding
  • Ervaring in sagtevrugte sal die aansoek versterk
  • Bo-gemiddelde bestuur- en kommunikasievaardighede
  • Onder druk kan funksioneer
  • Dryfkrag en streng dissipline

As jy graag wil aansluit by ‘n wenspan, in aangename werkomstandighede wil werk sal ons graag jou aansoek wil ontvang so spoedig as moontlik.  Ons bied ‘n  mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.

Stuur ‘n volledige CV so gou doenlik na recruitment@dutoit.com

PRODUK BESTUURDER (CERES)

UPOT SEED COMPANY wat homself vestig as ‘n markleier het tans ‘n posisie as Produk Bestuurder vakant. Hierdie posisie is ‘n nuwe posisie wat geskep is en rapporteer direk aan die Besturende Direkteur van UPOT.

Hierdie posisie vorm deel van ‘n klein maar dinamiese span persone wat gevestig is net buitekant die pragtige dorp van Ceres. Die primêre fokus van UPOT is die ontwikkeling en verbetering van groente saad. Die posisie sal verantwoordelik
Wees vir:
  • Ontwikkeling van nuwe kultivars
  • Instandhouding en verbetering van bestaande kultivars
  • Uitbreiding van saad verkope
  • Koördinering van saad produksie en verspreiding
  • Die belangrikste eienskap om suksesvol te wees in hierdie posisie is die passie vir groente saad verbetering en die bydrae wat dit lewer tot volhoubare voedselvoorsiening. Die suksesvolle persoon sal die geleentheid kry om spesialis kennis en ervaring op te doen deur middel van die huidige span personeel by UPOT. Behalwe vir hierdie passie wil ons graag met persone ontmoet wat oor die volgende eienskappe beskik:
  • Toepaslike tersiêre kwalifikasie
  • Ervaring in groente produksie sal die aansoek versterk
  • Leergierigheid
  • Bo-gemiddelde interpersoonlike vaardighede
Persone wat voldoen aan bogenoemde vereistes en wat ‘n langtermyn verbintenis wil maak met UPOT wil ons graag aanmoedig om aansoek te doen vir hierdie nuwe posisie.
Benewens aangename werkomstandighede bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.
Stuur ‘n volledige CV met referente so gou doenlik a  en dui asseblief duidelik die posisie aan waarvoor u aansoek doen.

Bemarkingsassistent: Vrugte (CERES)

Dutoit Agri verbou, verpak en bemark sagtevrugte en groente in die Wes en OosKaap. Wil jy graag deel raak van ’n dinamiese bemarkingspan?

Indien wel, sal jy aan die Bemarkingsbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees
vir die administrasie van uitvoer en lokale bestellings en sekere logistieke funksies.


Die ideale kandidaat is ’n gedissiplineerde, energieke persoon wat oor goeie kennis
van vrugte en die bemarkingsomgewing beskik, en wat die gepaardgaande
logistieke funksie verstaan. Verdere vereistes is: • ’n toepaslike naskoolse
kwalifikasie goeie toepaslike ondervinding die vermoë om goeie
menseverhoudings te handhaaf bogemiddelde kommunikasievaardighede (veral in
Engels) goeie rekenaarvaardighede in veral MS Office (Excel, Word, Outlook en
PowerPoint).


Ons bied ’n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot n aftree en
mediese fonds insluit.


Stuur sonder verwyl n volledige CV na
recruitment@dutoit.com

Diensaanvaarding sal so gou doenlik maar ideaalgesproke nie later as 1 November
2023 wees nie.